9
(b) deur die volgende subartikels by te voeg:
‘‘(7) Die tydperk in subartikel (2)(a) voor voorsiening gemaak, kan
verleng word indien ’n ondersoek ingewikkeld is of waar wesenlike
navorsing of analise deur enige belanghebbende persoon vereis word.
(8) Voor die uitoefening en verrigting van enige van sy bevoegdhede
en pligte ingevolge hierdie artikel, moet die Owerheid—
(a) oorweeg of dit, ingevolge enige ooreenkoms ten opsigte van
konkurrente regsbevoegdheid tussen die Owerheid en enige
owerheid of instelling aangegaan, gepas sal wees om ’n ondersoek
na sodanige owerheid of instelling te verwys, al dan nie; of
(b) behoudens artikel 67 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie
en die bedinge en voorwaardes van enige ooreenkoms ten opsigte
van konkurrente regsbevoegdheid aangegaan tussen die Owerheid
en die Mededingingskommissie, in gedagte hou dat die
Mededingingskommissie primêre gesag het om vorige of huidige
plegings van beweerde verbode praktyke in enige industrie of
sektor te bespeur en daarna ondersoek in te stel en om
samesmeltings in enige bedryf of sektor ingevolge die Wet op
Mededinging, te hersien.
(9) Behoudens die bedinge of voorwaardes van die konkurrente
regsbevoegdheidsooreenkoms of tensy andersins tussen die Owerheid en
die ander betrokke owerheid of instelling ooreengekom, kan die
Owerheid nie enige stappe doen waar ’n aangeleentheid reeds onder die
aandag van daardie ander owerheid of instelling gebring is en deur hulle
hanteer word nie.’’.
5
10
15
20
25
Wysiging van artikel 4C van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 6 van
Wet 3 van 2006
5. Artikel 4C van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
30
‘‘Die Owerheid kan, behoudens artikel 4D en enige ander wet wat
privilegie reël, vir die doeleindes van ’n ondersoek—’’; en
(b) deur in subartikel (6) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘Die Owerheid moet, binne [180] 90 dae vanaf die datum van die 35
afsluiting van die verhoor—’’.
Wysiging van artikel 5 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 7 van
Wet 3 van 2006
6. Artikel 5 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(2) [(a) Die voorsitter moet ’n raadslid skriftelik as
waarnemende voorsitter aanstel om die funksies van die voorsitter in
sy of haar afwesigheid te verrig.
(b) Waar die voorsitter nie in staat is om ’n aanstelling te maak
nie,] In die afwesigheid van die voorsitter, moet die oorblywende
raadslede ’n waarnemende voorsitter uit eie geledere kies, wat terwyl hy
of sy waarneem, al die werksaamhede van die voorsitter mag verrig.’’; en
(b) deur subparagraaf (ii) in subartikel (3)(b) deur die volgende subparagraaf te
vervang:
‘‘(ii) oor gepaste kwalifikasies, kundigheid en ervaring op die terreine
van onder andere die uitsaai- elektroniese kommunikasieen posbeleid of operasies, openbare beleidsontwikkeling,
elektroniese ingenieurswese, die reg, [bemarking, joernalisme,
vermaak] inligtingstegnologie, inhoud in enige vorm,
verbruikersbeskerming, opvoeding, ekonomie, finansies of enige
ander tersaaklike kundigheid of kwalifikasies beskik.’’.
40
45
50
55