25
Vervanging van artikel 24 van Wet 13 van 2000
29. Artikel 24 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang:
‘‘Toepassing van Wet
24. In die geval van enige strydigheid tussen die bepalings van hierdie
Wet en enige ander [vroeëre] wet, met uitsondering van die Grondwet,
betreffende die regulering van die [uitsaai- en telekommunikasiewese]
uitsaaiwese, elektroniese kommunikasie- en posdienste, gee die bepalings
van hierdie Wet deurslag.’’.

5

Wysiging of Aanhef tot Wet 13 van 2000, soos vervang deur artikel 1 van Wet 3
van 2006
10
30. Die Aanhef van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur die volgende paragraaf na die eerste paragraaf in te voeg:
‘‘EN IN ERKENNING dat die sukses van die inligtings-,
kommunikasie- en tegnologiesektor op gepaste regulering van die
uitsaaiwese, posdienste, elektroniese kommunikasiewese en elektroniese 15
kommunikasienetwerke moet steun;’’; en
(b) deur die laaste paragraaf deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘IN DIE BESEF dat die instelling van ’n onafhanklike liggaam om die
[uitsaai] uitsaaiwese, posdienste en elektroniese kommunikasiewese te
reguleer, vereis word.’’.
20
Wysiging van Inhoud van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 23 van
Wet 3 van 2006
31. Die Inhoud van Wet na die Aanhef van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur die volgende item na item 11A in te voeg:
‘‘11B. Etiese Kode’’;
(b) deur die volgende item na item 15 in te voeg:
‘‘15A. Jaarplan’’;
(c) deur die volgende item na item 23 in te voeg:
‘‘23A. Aanspreeklikheid’’; en
(d) deur items 14B en 14D van Hoofstuk IV te skrap.
Kort titel en inwerkingtreding
32. Hierdie Wet heet die Wysigingswet op die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika, 2014, en tree in werking op ’n datum deur die President by
proklamasie in die Staatskoerant bepaal.

25

30

Select target paragraph3