23
Wysiging van artikel 17H van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van
Wet 3 van 2006
26. Artikel 17H van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (c) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(c) ’n vals verklaring aflê voor die Owerheid, met inbegrip van die
Klagte- en Nakomingskomitee, oor enige aangeleentheid, wetende
dat sodanige verklaring vals is;’’;
(b) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(2) ’n Persoon wat skuldig bevind is aan ’n misdryf ingevolge
subartikel (1) is strafbaar, in die geval van ’n oortreding van—
(a) subartikel (1)(a), (b) [en] of (c), met ’n boete van hoogstens
[R250 000] R5 000 000;
(b) subartikel (1)(d), met ’n boete van hoogstens [R50 000] R1 000 000
of met gevangenisstraf van hoogstens [drie] twee jaar;
(c) subartikel (1)(e) [en] of (f), met ’n boete van hoogstens R1 000 000
of met gevangenisstraf van hoogstens [vyf] een jaar; en
(d) subartikel (1)(g), met ’n boete van hoogstens [R15 000]
R500 000.’’;
(c) deur paragrawe (i), (ii), (iii) en (iv) in subartikel (3) onderskeidelik deur die
volgende paragrawe te vervang:
‘‘(i) in die geval van ’n misdryf beoog in paragraaf (a), met ’n
maksimum boete van [R250 000] R5 000 000;
(ii) in die geval van ’n misdryf beoog in paragraaf (b), met ’n boete
van hoogstens die grootste van [R1 000 000] R5 000 000 of 10%
van die persoon of lisensiehouer se jaarlikse omset vir elke dag of
deel daarvan waartydens die misdryf voortgeduur het;
(iii) in die geval van ’n misdryf beoog in paragraaf (c), (d) [, en] of (e)
[van hierdie subartikel], met ’n boete van hoogstens
[R100 000] R5 000 000; en
(iv) in die geval van ’n misdryf beoog in paragraaf (f), (g) [en] of (h)
[van hierdie subartikel], met ’n maksimum boete van
[R250 000] R1 000 000.’’; en
(d) deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(4) Die Owerheid kan inspekteurs toelaat om, op die wyse wat die
Owerheid gepas ag, te beskik oor toerusting wat gekonfiskeer is maar
wat nie tipe-goedgekeur kan word nie.’’.

5

10

15

20

25

30

35

Herroeping van Hoofstuk IV van Wet 13 van 2000
27. Hoofstuk IV van die Hoofwet word hierby herroep.
Invoeging van artikel 23A in Wet 13 van 2000
28. Die volgende artikel word hierby na artikel 23 in die Hoofwet ingevoeg:

40

‘‘Aanspreeklikheid
23A. (1) Die Wet op Staatsaanspreeklikheid, 1957 (Wet No. 20 van
1957), gelees met die veranderinge deur die samehang vereis, is op die
Owerheid van toepassing, maar ’n verwysing in daardie Wet na ‘die
Minister van die betrokke Departement’, moet uitgelê word as ’n 45
verwysing na die voorsitter van die Raad.
(2) ’n Raadslid, die hoof- uitvoerende beampte of enige personeellid of
adviseur of kontrakteur van die Owerheid is nie aanspreeklik vir die inhoud
van enige verslag, bevinding, oogpunt of aanbeveling wat in goeie trou
gegee word en wat aan die Parlement voorgelê word, gepubliseer word of 50
ingevolge die Grondwet of hierdie Wet beskikbaar gestel word nie.’’.

Select target paragraph3