15
Owerheid bekend maak vir rekords en oordrag na die register wat die
Owerheid moet byhou en in stand hou.
(3) Die register moet—
(a) gedurende kantoorure op sakedae oop wees vir inspeksie; en
(b) in die jaarverslag in artikel 16 bedoel, vervat wees.’’.
5
Wysiging van artikel 12 van Wet 13 van 2000
12. Artikel 12 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (4) die woorde
wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
‘‘ ’n Raadslid is skuldig aan ’n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met ’n
boete van hoogstens [R250 000] R1 000 000 of met gevangenisstraf vir ’n tydperk 10
van hoogstens [vyf] drie jaar, of met beide sodanige boete en gevangenisstraf,
indien hy of sy—’’.
Wysiging van artikel 14 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 14 van
Wet 3 van 2006
13. Artikel 14 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘Die Raad [stel] moet sodanige personeelkomponent vestig wat hy
benodig om sy eie administrasie [in] te ondersteun en om die Owerheid
by te staan in die verrigting van sy werksaamhede, en vir hierdie doel
moet die Raad—’’;
(b) deur paragraaf (b) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(b) die ander personeel aanstel wat die Raad nodig ag om die Owerheid
en die hoof- uitvoerende beampte, na gelang van die geval, by te
staan met al die werk wat spruit uit die verrigting van sy
werksaamhede, met inbegrip van navorsing, reguleringsinvloedbepaling, verslae, die gee van redes, voorbereiding van openbare
oorlegdokumente en voorbereiding van aanbevelings wat op hierdie
Wet, die onderliggende wette en die Wet op Elektroniese
Transaksies, betrekking het.’’; en
(c) deur die volgende subartikel by te voeg:
‘‘(4) Die personeel moet die dag-tot-dag bedryf van die Owerheid
verrig soos deur die hoof- uitvoerende beampte gelas ooreenkomstig die
jaarverslag in artikel 15A bedoel.’’.
15
20
25
30
Wysiging van artikel 14A van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 15 van 35
Wet 3 van 2006
14. Artikel 14A van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Owerheid kan soveel deskundiges aanstel as wat nodig is ten
einde die Owerheid by te staan in die verrigting van sy werksaamhede, 40
maar enige aanstelling van deskundiges wat nie in die begroting van die
Owerheid vir ’n bepaalde jaar val nie, is onderhewig aan die Minister se
goedkeuring.’’; en
(b) deur subartikel (2) te skrap.
Herroeping van artikel 14B van Wet 13 van 2000
45
15. Artikel 14B van die Hoofwet word hierby herroep.
Wysiging van artikel 14C van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 15 van
Wet 3 van 2006
16. Artikel 14C van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (1) die
woord ‘‘of’’ aan die einde van paragraaf (b) te skrap, die uitdrukking ‘‘; of’’ na die woord 50
‘‘hof’’ in paragraaf (c) in te voeg en die volgende paragraaf by te voeg:
‘‘(d) waar ingevolge artikel 12 vereis om dit te doen.’’.