13
(b) enige insidentele geskenk deur ’n raadslid ontvang of ontleen vir
bywoning van enige konferensie of openbare lesing; of
(c) enige ander werk wat redelik geag kan word die werk van die
Owerheid te bevorder,
maar sodanige aanstelling, amp en honorarium, of geskenk moet
skriftelik bekend gemaak word en aangeteken word soos in artikel 11B
en 12(2) voor voorsiening gemaak.’’.

5

Wysiging van artikel 11 van Wet 13 van 2000
9. Artikel 11 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
10
‘‘(1)[(a)] Vergaderings van die Raad word ten minste een keer ’n
maand gehou op die tye en plekke wat die Raad bepaal.
[(b) Die eerste vergadering word egter op die tyd en plek gehou
wat die voorsitter bepaal.]’’;
(b) deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang:
15
‘‘(3) Die kworum vir enige vergadering van die Raad is ’n
meerderheid van die raadslede wat [op daardie tydstip die amp beklee]
wat tans as raadslede dien, met inbegrip van die voorsitter of ’n
waarnemende voorsitter in artikel 5(2) bedoel.’’; en
(c) deur die volgende subartikel by te voeg:
20
‘‘(5) Die hoof- uitvoerende beampte van die Owerheid moet genooi
word om enige vergadering van die Raad by te woon en kan by enige
sodanige vergadering oor enige aangeleentheid praat, wat genotuleer
moet word, maar hy of sy het nie stemreg by ’n vergadering nie.’’.
Wysiging van artikel 11A van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 13 van 25
Wet 3 van 2006
10. Artikel 11A van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikels
by te voeg:
‘‘(3) Die notule in subartikel (2) beoog, moet onderteken, bevestig en op die
Owerheid se webtuiste gepubliseer word en in sy biblioteek beskikbaar gestel word 30
binne 30 dae na die afsluiting van die vergadering, maar enige inligting wat
ingevolge artikel 4D vertroulik bepaal is, moet voor sodanige publikasie of
beskikbaarstelling, verwyder word.’’.
Invoeging van artikel 11B in Wet 13 van 2000
11. Die volgende artikel word hierby na artikel 11A in die Hoofwet ingevoeg:

35

‘‘Etiese kode
11B. (1) Die Owerheid moet, binne 180 dae na die inwerkingtreding van
artikel 11 van die Wysigingswet op die Onafhanklike Kommunikasieowerheid, 2014, ’n Etiese Kode publiseer en publiek beskikbaar stel op sy
webtuiste en in sy biblioteek, welke Etiese Kode, onder andere, die 40
prosesse vir die bekendmaking deur artikel 7(7) en artikel 12(2) vereis
hanteer, en wat die beheerbeginsels bepaal waarvolgens die Owerheid of
die Raad funksioneer, met inbegrip van, onder andere—
(a) beginsels van wedersydse respek en kollektiewe verantwoordelikheid;
(b) ’n vereiste dat die Raad, te alle tersaaklike tye of plekke, al die 45
tersaaklike inligting sal hê wat nodig is om ’n ingeligte besluit te
neem, met inagneming van al die tersaaklike feite wat tot sy
beskikking is; en
(c) ’n verbintenis deur die Raad om die sake van die Owerheid
ooreenkomstig die hoogste vlak van korporatiewe beheer, met 50
inbegrip van professionaliteit en integriteit, te voer.
(2) Alle raadslede en die hoof- uitvoerende beampte moet hou by en
voldoen aan die vereistes van die Etiese Kode en moet, onder andere, enige
belang, hetsy finansieel of andersins, direk of indirek, skriftelik aan die

Select target paragraph3