45
doeleindes van betalings in subartikel (1)(a) bedoel[, by kennisgewing
in die Staatskoerant]—
(a) tipes behoeftige persone bepaal aan wie bystand verleen kan word;
(b) die persone bepaal wat vir bystand aansoek moet doen [en die wyse
waarop sulke aansoeke gedoen moet word]; en
(c) [die wyse waarop en die] persone aan wie subsidies betaal kan
word, bepaal.’’.

5

Wysiging van artikel 89 van Wet 36 van 2005
42. Artikel 89 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
10
‘‘(1) Behoudens subartikel (2) moet elke houer van ’n lisensie wat
ingevolge Hoofstuk 3 toegestaan is of geag word toegestaan te gewees
het, behalwe houers van gemeenskapsuitsaaidienslisensies benewens
enige ander gelde in hierdie Wet of die verwante wetgewing beoog, die
voorgeskrewe jaarlikse bydraes van die lisensiehouer se gelisensieerde 15
bedrywigheid aan die Universele Diens-en-Toegangsfonds betaal.’’;
(b) deur die volgende subartikel by te voeg:
‘‘(4) Die Agentskap moet alle geld insamel wat verskuldig en
betaalbaar is aan die Universele Diens-en-Toegangsfonds van die
Owerheid verhaal.’’.
20
Wysiging van artikel 95 van Wet 36 van 2005
43. Artikel 95 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) [Binne vier en twintig maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet
kan die] Die Owerheid kan, indien die Owerheid dit nodig ag, die regulasies 25
uitgevaardig kragtens—
(a) artikel 119A van die Poskantoorwet, 1958 (Wet No. 44 van 1958);
(b) die Telekommunikasiewet;
(c) die Uitsaaiwet;
(d) die OUO-wet;
30
(e) die Radiowet, 1952 (Wet No. 3 van 1952); en
(f) die Sentech-wet,
wat van krag was onmiddellik voor die inwerkingtreding van [hierdie Wet] die
Wysigingswet op Elektroniese Kommunikasie, 2014, herroep of wysig.’’.
Wysiging van Indeling van Artikels

35

44. Die Indeling van Artikels wat voor artikel 1 van die Hoofwet voorkom, word
hierby gewysig—
(a) deur item 21 deur die volgende item te vervang:
‘‘21. [Riglyne vir vinnige] Vinnige ontplooiing van elektroniese
kommunikasiefasiliteite’’;
40
(b) deur die volgende item na item 72 in te voeg:
‘‘72A. Nasionale Breëbandraad’’;
(c) deur die volgende items na item 79 in te voeg:
‘‘79A. Beperking van aanspreeklikheid
79B. Verstrekking van inligting’’;
45
(d) deur die volgende item na item 81 in te voeg:
‘‘81A. Vertrouenspligte van raadslede, en ontheffing en ontbinding’’; en
(e) deur die volgende items na item 82 in te voeg:
‘‘82A. Aanstelling van hoof- uitvoerende beampte
82B. Aanstellingsvoorwaardes van HUB
50
82C. Diensbeëindiging van HUB
82D. Waarnemende hoof- uitvoerende beampte
82E. Delegering en opdragte deur HUB’’.

Select target paragraph3