43
Wysiging van artikel 87 van Wet 36 van 2005
40. Artikel 87 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (2) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(2) Alle geld ontvang, waarmee die Universele Diens-en-Toegangsfonds
gekrediteer moet word in die Agentskap se boeke, moet gestort word in die
Nasionale Inkomstefonds by artikel [185] 213 van die Grondwet ingestel.’’.

5

Wysiging van artikel 88 van Wet 36 van 2005
41. Artikel 88 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragrawe (a) en (b) in subartikel (1) onderskeidelik deur die volgende
paragrawe te vervang:
‘‘(a) vir bystand aan behoeftige persone vir die koste van die verskaffing
aan of die gebruik deur hulle van uitsaai-, elektroniese kommunikasienetwerkdienste en elektroniese kommunikasiedienste;
(b) behoudens subartikel (2), aan ’n [uitsaaidienslisensiehouer en]
elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer vir die doel
van die finansiering van die oprigting of uitbreiding van
elektroniese kommunikasienetwerke in onderbediende gebiede
soos voorgeskryf;’’;
(b) deur paragraaf (c) in subartikel (1) te skrap;
(c) deur in subartikel (1)(d) die woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘aan skole en [instelling vir verdere onderwys en opleiding] kolleges
soos omskryf in of ingestel, verklaar of geregistreer ingevolge
onderskeidelik die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van
1996), en die [Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998 (Wet No.
98 van 1998)] ‘Further Education and Training Colleges Act, 2006’ (Wet
No. 16 van 2006), vir die verkryging van uitsaai- en elektroniese
kommunikasiedienste en toegang tot elektroniese kommunikasienetwerke: Met dien verstande dat—’’;
(d) deur subparagraaf (i) in subartikel (1)(d) te skrap;
(e) deur in subartikel (1)(d)(ii) die woorde wat item (aa) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘in die geval van onafhanklike skole [en onafhanklike instellings vir
verdere onderwys en opleiding] private kolleges—’’;
(f) deur paragraaf (e) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(e) vir die instelling en bedryf van [uitsaaidienste en vir die instelling
en bedryf] gemeenskapsentrums, insluitend opleiding van en die
betaling van toelaes aan personeel van sentrums waar toegang tot
elektroniese [kommunikasienetwerke] kommunikasienetwerkdienste, elektroniese kommunikasiedienste en uitsaaidienste verkry
kan word.’’;
(g) deur die volgende paragraaf by subartikel (1) te voeg:
‘‘(f) soos by regulasie deur die Minister voorgeskryf kan word, met die
instemming van die Minister van Finansies.’’;
(h) deur die volgende subartikel na subartikel (1) in te voeg:
‘‘(1A) Die Agentskap moet ten minste elke twee jaar, na verkryging
van openbare deelname, by kennisgewing in die Staatskoerant vir die
doeleindes van betalings in subartikel (1) bedoel, die wyse waarop
aansoeke gedoen moet word en die wyse waarop subsidies betaal sal
word, bepaal.’’; en
(i) deur subartikels (3) en (4) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(3) Die Owerheid moet die voorgeskrewe omskrywing van
onderbediende gebied en die lys van aangewese onderbediende gebiede
wat vir oprigtingbetalings uit die Universele Diens-en-Toegangsfonds in
aanmerking kom, minstens [halfjaarliks] elke twee jaar hersien en
bywerk.
(4) [Die Minister kan] Die Agentskap moet ten minste elke twee jaar,
na verkryging van openbare deelname, aanbevelings doen om die
Minister in staat te stel om by kennisgewing in die Staatskoerant, vir

10

15

20

25

30

35

40

45

50

55

60

Select target paragraph3