41
Delegering en opdragte deur HUB
82E. (1) Die HUB kan enige van sy of haar bevoegdhede delegeer en
enige van sy of haar pligte opdra aan ’n werknemer van die Agentskap.
(2) Enige delegering of opdrag in subartikel (1) beoog—
(a) kan aan die voorwaardes wat die Raad bepaal onderhewig gemaak
word;
(b) moet skriftelik aan die gedelegeerde of ontvanger van die opdrag
oorgedra word;
(c) kan skriftelik deur die HUB gewysig of ingetrek word; en
(d) belet nie die houer van die amp wat die delegering of opdrag gemaak
het daarvan om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie plig te
verrig nie.
(3) Ondanks ’n delegering of opdrag in subartikel (1) beoog, is die HUB
nie ontdaan van enige bevoegdheid of plig aldus gedelegeer of opgedra
nie.’’.
(2) (a) Enige verwysing in enige ander wetsbepaling na die HUB in artikel 83 van die
Hoofwet bedoel voor die invoeging van artikel 82A deur subartikel (1) van hierdie
artikel, moet uitgelê word as ’n verwysing na die HUB in die genoemde artikel 82A
bedoel.
(b) Enigiets voor die inwerkingtreding van hierdie artikel deur die HUB gedoen in die
administrasie van enige wetsbepaling, moet geag word deur die HUB in artikel 82A
bedoel gedoen te gewees het.
(c) Die persoon wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie artikel die
amp van HUB beklee het, moet geag word kragtens artikel 82A van die Hoofwet soos
deur artikel (1) van hierdie artikel ingevoeg, aangestel te gewees het.
5
10
15
20
25
Wysiging van artikel 83 van Wet 36 van 2005
39. Artikel 83 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Agentskap staan onder leiding en beheer van die HUB[, wat
deur die Raad aangestel word].’’;
(b) deur subartikels (2) en (4) te skrap;
(c) deur paragraaf (a) in subartikel (8) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) die bemagtiging van histories benadeelde persone, [insluitend] met
inbegrip van vroue, die jeug en persone met gestremdhede,
bevorder; en’’;
(d) deur subartikels (9) en (10) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(9) Die [HUB en ander] personeel van die Agentskap moet
aangestel word op grond van hulle kwalifikasies, kundigheid of
ondervinding op die gebiede van, gesamentlik beskou, ontwikkelingsbeplanning, gemeenskapsontwikkeling, sosiale wetenskappe,
ekonomie, elektroniese kommunikasie en publisiteit.
(10) ’n Persoon mag nie aangestel word of aanbly in die pos van [HUB
of ander] ’n lid van die personeel van die Agentskap nie indien hy of sy
ongeskik word om die pos te beklee of onbekwaam raak.’’;
(e) deur subartikel (11) te skrap; en
(f) deur subartikels (12) en (13) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(12) Die [HUB en ander werknemers] personeellede van die
Agentskap beklee hulle ampte op die voorwaardes rakende besoldiging
en andersins[—
(a) in die geval van die HUB, wat die Minister met die instemming
van die Minister van Finansies bepaal; en
(b) in die geval van die ander werknemers,] wat die HUB met die
instemming van die Minister en die Minister van Finansies bepaal.
(13) Verskillende tydperke en voorwaardes kan kragtens subartikel
[(11) of] (12) ten opsigte van verskillende [werknemers] personeellede
van die Agentskap bepaal word.’’.
30
35
40
45
50
55