39
Invoeging van artikels 82A tot 82E in Wet 36 van 2005
38. (1) Die volgende artikels word hierby na artikel 82 in die Hoofwet ingevoeg:
‘‘Aanstelling van hoof- uitvoerende beampte
82A. (1) Die Raad moet, met die goedkeuring van die Minister, ’n HUB
aanstel om te verseker dat die Agentskap sy doelwitte bereik.
5
(2) Die Raad moet aansoeke om die pos van HUB nooi deur advertensies
in die media te publiseer.
(3) ’n Persoon as HUB aangestel moet—
(a) die kwalifikasies of ervaring van toepassing op die Agentskap hê; en
(b) nie as gevolg van enige handeling in artikel 81A(1)(b) bedoel, 10
onbevoeg wees nie.
Aanstellingsvoorwaardes van HUB
82B. (1) Die aanstelling van die HUB is onderhewig aan die sluiting van
’n jaarlikse prestasie-ooreenkoms met die Agentskap.
(2) Die HUB word vir ’n termyn van hoogstens vyf jaar aangestel en kan, 15
behoudens die Minister se goedkeuring, vir een bykomende termyn van
hoogstens vyf jaar heraangestel word.
(3) Die HUB beklee sy of haar amp volgens bepalings en voorwaardes
neergelê deur die Raad, met die instemming van die Minister.
(4) Die HUB is ’n lid van die Raad uit hoofde van sy of haar amp.
20
(5) Die HUB is geregtig op ’n vergoedingspakket deur die Raad bepaal
met die instemming van die Minister en die Minister van Finansies.
(6) Die HUB is teenoor die Raad verantwoordbaar.
Diensbeëindiging van HUB
82C. (1) Die Raad moet, met die goedkeuring van die Minister en 25
behoudens die ‘Promotion of Administrative Justice Act, 2000’ (Wet No. 3
van 2000), en toepaslike arbeidswetgewing, die diens van die HUB
beëindig—
(a) weens wangedrag; of
(b) weens versuim om die pligte wat op daardie amp betrekking het, 30
toegewyd te verrig.
(2) Die Raad kan die dienste van die HUB opskort hangende die uitkoms
van enige geregtelike stappe teen hom of haar weens wangedrag, en in
daardie tydperk is die HUB ook as uitvoerende lid van die Raad geskors.
(3) Die HUB moet die amp ontruim indien hy of sy weens enige 35
handeling in artikel 81A(1)(b) beoog vir lidmaatskap van die Raad
onbevoeg word.
(4) Die HUB kan bedank deur minstens 30 dae skriftelik aan die
voorsitter van die Raad kennis te gee.
Waarnemende hoof- uitvoerende beampte

40

82D. (1) Die Raad kan enige senior werknemer van die Agentskap
skriftelik aanstel om as HUB waar te neem wanneer die bekleër van daardie
amp—
(a) tydelik nie in staat is om die pligte wat met daardie amp gepaard gaan
te verrig nie;
45
(b) uit die amp geskors is; of
(c) daardie amp ontruim het of daaruit onthef is en ’n nuwe HUB nog nie
aangestel is nie.
(2) ’n Waarnemende hoof- uitvoerende beampte mag al die bevoegdhede
van die HUB uitoefen en moet al die pligte van die HUB verrig, na gelang 50
van die geval.

Select target paragraph3