37
(b) ’n Lid van die Raad of sy of haar familielid, sakevennoot of
medewerker, of ’n organisasie of onderneming waarin ’n lid van die
Raad of sy of haar familielid, sakevennoot of medewerker ’n direkte of
indirekte belang het, mag nie—
(i) goedere of dienste aan die Agentskap bied of enige besigheid
met die Agentskap doen nie; of
(ii) onbehoorlike gebruik maak, op enige wyse hoegenaamd, van
die posisie van ’n Raadslid of van enige inligting deur ’n
Raadslid verkry uit hoofde van sy of haar posisie as Raadslid
nie.
(c) ’n Lid van die Raad moet sy of haar werksaamhede te alle tye met die
uiterste goeie trou, eerlikheid en integriteit, sorg en toewyding verrig
en moet ter bevordering van sy of haar werksaamhede, sonder om die
omvang daarvan te beperk—
(i) redelike stappe doen om homself of haarself op hoogte te stel
oor die Agentskap, die Agentskap se sake en aktiwiteite en die
omstandighede waaronder hy werksaam is;
(ii) redelike stappe doen, deur die prosesse van die Raad, om
voldoende inligting en advies te bekom oor alle
aangeleenthede waaroor die Raad moet besin, sodat hy of sy
pligsgetroue en ingeligte besluite kan neem;
(iii) gereeld Raadsvergaderings bywoon;
(iv) aktief en onafhanklik eie oordeel uitoefen ten opsigte van alle
aangeleenthede waaroor die Raad moet besluit;
(v) behoorlike sorg uitoefen in die verrigting van sy of haar
werksaamhede as ’n lid;
(vi) by enige interne gedragskode hou wat die Agentskap vir lede
van die Raad mag instel;
(vii) nie by enige aktiwiteit betrokke raak wat die integriteit van die
Agentskap kan ondermyn nie;
(viii) nie onbehoorlike gebruik maak van sy of haar posisie as ’n lid
van die Raad of van inligting wat uit hoofde van sy of haar
posisie as ’n lid bekom is nie; en
(ix) enige vertroulike aangeleenthede betreffende die Agentskap,
wat in sy of haar hoedanigheid as ’n lid van die Raad bekom is,
as streng vertroulik hanteer en dit nie aan enigiemand bekend
maak sonder die magtiging van die Agentskap of soos vereis as
deel van daardie persoon se amptelike werksaamhede as lid
van die Raad nie.’’.
Wysiging van artikel 82 van Wet 36 van 2005
5
10
15
20
25
30
35
40
37. Artikel 82 van die Hoofwet word hierby gewysig deur paragraaf (a) in subartikel
(3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) Die Agentskap moet van tyd tot tyd, met behoorlike inagneming van
heersende omstandighede en houdings in die Republiek en na verkryging van die
grootste doenlike mate van openbare deelname, aanbevelings maak om die 45
Minister in staat te stel om te bepaal wat behels—
(i) universele toegang [deur alle gebiede en gemeenskappe in die Republiek
tot elektroniese kommunikasiedienste en elektroniese kommunikasienetwerkdienste]; en
(ii) [die universele verskaffing aan alle persone in die Republiek van 50
elektroniese kommunikasiedienste en toegang tot elektroniese kommunikasienetwerke, insluitend enige elemente of eienskappe daarvan]
universele diens.’’.