31
(b)
(c)
(d)
(e)
(f)
(g)
(h)
(i)
voorsiening gemaak word en enige regulasies ingevolge daarvan
uitgevaardig;
strawwe vir versuim om aan die pro-mededingingslisensievoorwaardes te voldoen;
verpligtinge om enige inligting deur die Owerheid vermeld, op die 5
wyse wat hy vermeld, te publiseer;
verpligtinge om aparte aanspreeklikheid te behou vir enige dienste
deur die Owerheid vermeld;
verpligtinge om strukturele skeiding te behou vir die verskaffing
van enige dienste deur die Owerheid vermeld;
10
tariefregulering vir die verskaffing van vermelde dienste, asook
sonder beperkingsprysbeheer op groot- en kleinhandeltariewe, soos
deur die Owerheid bepaal, en aangeleenthede wat op die
herwinning van kostes betrekking het;
verpligtinge met betrekking tot rekeninge, rekords en ander 15
dokumente wat bygehou, aan die Owerheid verstrek en gepubliseer
moet word;
verpligtinge met betrekking tot die hoeveelheid en tipe premium-,
sport- en Suid-Afrikaanse programme wat uitgesaai moet word; en
verspreiding, toegang en herverkoopverpligtinge vir uitsaaiers.’’. 20
Wysiging van artikel 68 van Wet 36 van 2005
29. Artikel 68 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (1)(b) die
woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
‘‘maatreëls voorskryf om te verseker dat nommerdraagbaarheid [in 2005 of gou
daarna] ingevoer word, insluitend [sover prakties moontlik]—’’.
25
Wysiging van artikel 70 van Wet 36 van 2005
30. Artikel 70 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang:
‘‘[Mense] Persone met gestremdhede
70. Die Owerheid moet regulasies voorskryf wat ’n kode oor [mense]
persone met gestremdhede uiteensit, wat op alle kategorieë lisensies van 30
toepassing sal wees.’’.
Wysiging van artikel 72 van Wet 36 van 2005
31. Artikel 72 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(6) Die Owerheid moet ’n viersyfernommer toewys waardeur die 35
publiek gratis toegang tot [regeringsgidsinligtingsdienste] regeringsgids-, inligtings- en verwante dienste by die sentrum kan kry.’’; en
(b) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(7) [Die koste om die regeringsgidsinligtingsdiens te verskaf,
moet] Elektroniese kommunikasiediens- en elektroniese kommuni- 40
kasienetwerkdienslisensiehouers wat kommunikasie na die sentrum dra,
mag nie enige gelde hef aan die oproeper vir die maak van oproepe na die
sentrum nie aangesien sodanige koste deur die lisensiehouer gedra moet
word.’’.
Invoeging van artikel 72A in Wet 36 van 2005
45
32. Die volgende artikel word hierby na artikel 72 in die Hoofwet ingevoeg:
‘‘Nasionale Breëbandraad
72A. (1) Die Minister moet ’n Nasionale Breëbandraad instel om die
werksaamhede in subartikel (3) bedoel te verrig, met inagneming van die
bepalings van enige ander nasionale wet oor die ontwikkeling van 50
infrastruktuur.