29
beduidende markkrag in sodanige markte of marksegmente het. Die
regulasies moet onder andere—
(a) [die klein- of groothandelmarkte] tersaaklike groot- of
kleinhandelmarkte of marksegmente omskryf [en identifiseer waar
hy voornemens is om pro-mededingingsmaatreëls te tref in
gevalle waar daar bevind word dat sodanige markte
ondoeltreffende mededinging het];
(b) [die metodologie uiteensit wat gebruik moet word om die
doeltreffendheid van] bepaal of daar doeltreffende mededinging in
[sodanige] daardie tersaaklike markte [of] en marksegmente [te
bepaal, met inagneming van subartikel (8)] is;
(c) [die pro-mededingingsmaatreëls uiteensit wat die Owerheid
kan tref ten einde die vermeende markmislukking reg te stel in
die] bepaal watter, indien enige, lisensiehouers beduidende
markkrag het in daardie markte [of] en marksegmente waar daar
[bevind is dat daar] ondoeltreffende mededinging is[, met
inagneming van subartikel (7)];
(d) [lisensiehouers in die betrokke mark of marksegment, soos
toepaslik, verklaar wat beduidende markkrag het, soos bepaal
ooreenkomstig subartikel (6), en die pro-mededingingsvoorwaardes van toepassing op elke sodanige lisensiehouer]
gepaste pro-mededingslisensievoorwaardes oplê aan daardie
lisensiehouers wat beduidende markkrag het om die
markmislukking reg te stel;
(e) ’n skedule uiteensit ingevolge waarvan die Owerheid periodieke
hersienings van die markte en marksegmente moet doen, met
inagneming van subartikel (9) en die bepaling ten opsigte van die
doeltreffendheid van mededinging en die toepassing van promededingingsmaatreëls in daardie markte; en
(f) voorsiening maak vir die monitering en ondersoek van
teenmededingingsgedrag in die betrokke mark en marksegmente.’’;
(c) deur die volgende subartikels na subartikel (4) in te voeg:
‘‘(4A) Wanneer bepaal word of daar doeltreffende mededinging in
markte en marksegmente is, moet die Owerheid, onder andere—
(a) die niekortstondige (strukturele, wetlike en regulatoriese)
toegangshindernisse tot die toepaslike markte of marksegmente in
ag neem; en
(b) die dinamiese karakter en funksionering van die markte of
marksegmente, met inbegrip van ’n beoordeling van die relatiewe
markaandeel van die verskeie lisensiehouers of verskaffers van
vrygestelde dienste in die markte of marksegmente, en ’n
vooruitskouende beoordeling van die relatiewe markkrag van die
lisensiehouers in die markte of marksegmente in ag neem.
(4B) Behoudens artikel 4D van die OKOSA-wet, moet lisensiehouers
die Owerheid voorsien van enige inligting deur die Owerheid vermeld
sodat die Owerheid sy pligte ingevolge hierdie artikel kan uitvoer.’’;
(d) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(5) ’n Lisensiehouer het beduidende markkrag [met betrekking tot
die betrokke] in ’n mark of marksegment [waar die Owerheid bevind
dat die bepaalde individuele lisensiehouer of klaslisensiehouer]
indien daardie lisensiehouer—
(a) dominant is;
(b) oor ’n noodsaaklike [fasiliteite] fasiliteit beheer uitoefen; of
(c) ’n vertikale verhouding het wat die Owerheid bepaal mededinging
[in die mark of marksegment wat op die bepaalde kategorie
lisensie van toepassing is,] kan benadeel.’’;
(e) deur subartikel (6) te skrap;
(f) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(7) Pro-mededingslisensiebedinge en -voorwaardes sluit in, maar is
nie beperk nie tot—
(a) verpligtinge ten opsigte van interkonneksie en fasiliteiteverhuring
bykomend tot die verpligtinge waarvoor in Hoofstukke 7 en 8

5

10

15

20

25

30

35

40

45

50

55

60

Select target paragraph3