27
(2) Die Klagtes- en Nakomingskomitee moet ooreenkomstig artikel 17C
van die OKOSA-wet beslis oor klagtes rakende beweerde oortredings van
die Kode deur uitsaaidienslisensiehouers wat nie lede van die
Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika is nie, asook
klagtes rakende beweerde oortredings van die advertensieregulasies.
5
(3) Waar bevind is dat ’n uitsaaidienslisensiehouer, ongeag of hy of sy ’n
lid van die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika is al dan
nie, die Kode of advertensieregulasies oortree het, moet daar ooreenkomstig die toepaslike bepalings van artikels 17A tot 17H van die OKOSA-wet
met sodanige uitsaaidienslisensiehouer gehandel word.’’.
10
Wysiging van artikel 62 van Wet 36 van 2005
26. Artikel 62 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (3) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(3) ’n Gemeenskaplike draer moet—
(a) behoudens sy tegnologiese vermoë om dit te doen en die bepalings van
paragraaf (b), uitsaaiseinverspreiding aan uitsaaidienslisensiehouers op hulle
versoek en ooreenkomstig die nasionale radiofrekwensieplan in artikel 34
beoog verskaf, op ’n billike, redelike, nievoorkeur- en niediskriminerende
basis;
(b) by die bepaling van tariewe, die volgende behoorlik in ag neem:
(i) die verskillende kategorieë uitsaaidienslisensies in artikels 49, 50 en 51
bedoel; en
(ii) die aard en tegniese parameters van die diens wat aan elke
uitsaailisensiehouer verskaf word ten einde te verseker dat die
verskillende tariewe geskik is vir en eweredig is met die verskillende
uitsaaidienste waarop dit betrekking het;
(c) openbare uitsaaidienste dra, insluitend opvoedkundige, kommersiële en
gemeenskapsdienste en word geag die elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer te wees wat seinverspreiding vir openbare
uitsaaidienste verskaf.’’.

15

20

25

30

Wysiging van artikel 65 van Wet 36 van 2005
27. Artikel 65 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Geen persoon mag—
(a) regstreeks of onregstreeks beheer oor meer as een kommersiële 35
uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uitoefen nie; of
(b) ’n direkteur wees van ’n maatskappy wat, of van twee of meer maatskappye
wat saam, in ’n posisie is om beheer oor meer as een kommersiële
uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uit te oefen nie;
of
40
(c) in ’n posisie wees om beheer uit te oefen oor ’n kommersiële
uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens en ’n direkteur
wees van enige maatskappy wat in ’n posisie is om beheer oor enige ander
kommersiële uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uit
te oefen nie.’’.
45
Wysiging van artikel 67 van Wet 36 van 2005
28. Artikel 67 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikels (1), (2) en (3) te skrap;
(b) deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(4) Die Owerheid moet, na ’n ondersoek, regulasies voorskryf wat 50
die betrokke markte en marksegmente[, soos toepaslik,] omskryf en
[bepaal dat pro-mededingingsvoorwaardes aan lisensiehouers met
’n beduidende markkrag opgelê kan word waar die Owerheid
bepaal dat sodanige markte of marksegmente] gepaste en voldoende
pro-mededingingslisensievoorwaardes aan lisensiehouers oplê waar daar 55
ondoeltreffende mededinging is en indien enige lisensiehouer

Select target paragraph3