25
(b) Alle elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouers wat
aansoeke in paragraaf (a) beoog ontvang, moet op niediskriminerende
bedinge en voorwaardes van ’n verhuringsooreenkoms vir fasiliteite
ooreenkom binne 20 dae na ontvangs van die versoek.
(c) Indien die elektroniese kommunikasienetwerklisensiehouer kan 5
bewys dat die versoek nie binne die tydperk van 20 dae tegnies of
ekonomies haalbaar is nie, kan die elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer die versoek weier.
(d) Indien geen ooreenkoms betreffende die niediskriminerende
bedinge en voorwaardes in paragraaf (b) beoog bereik kan word nie, 10
moet die Owerheid bedinge en voorwaardes in ooreenstemming met
hierdie Hoofstuk oplê binne 20 dae na ontvangs van kennisgewing van
die onvermoë om ’n ooreenkoms te bereik.’’; en
(d) deur subartikel (11) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(11) Enige eksklusiwiteitbepaling vervat in enige ooreenkoms of 15
ander reëling wat kragtens subartikel (10) verbied word, is ongeldig met
ingang van ’n datum [wat die Minister na oorleg met tersaaklike
partye bepaal] een jaar na die inwerkingtreding van die Wysigingswet
op Elektroniese Kommunikasie, 2014.’’.
Wysiging van artikel 44 van Wet 36 van 2005
23. Artikel 44 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur in paragraaf (k) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(k) die raamwerk vir die bepaling van tegniese en [finansiële]
ekonomiese doenlikheid en die bevordering van die doeltreffende
gebruik van elektroniese kommunikasienetwerke en die lewering
van dienste in artikel 43(4) beoog;’’; en
(b) deur subartikels (5) en (6) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(5) Die verhuringsregulasies oor elektroniese kommunikasiefasiliteite kan elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouers (in
geheel of gedeeltelik) wat minder as 25% van die markaandeel het
vrystel van die verpligting om elektroniese kommunikasiefasiliteite
ingevolge artikel 43(1) te verhuur.
(6) Waar ’n lisensiehouer vrygestel is van die verpligting om
elektroniese kommunikasiefasiliteite ingevolge subartikel (5) te verhuur
en sodanige vrygestelde lisensiehouer ’n huurooreenkoms vir
elektroniese kommunikasiefasiliteite aangaan met ’n ander vrygestelde
lisensiehouer of met ’n persoon wat dienste ingevolge ’n
lisensievrystelling verskaf, is artikel 43(7) en artikel [45(3) en (4)] 45(2)
en (7) nie op enige sodanige huurooreenkoms vir elektroniese
kommunikasiefasiliteite van toepassing nie.’’.

20

25

30

35

40

Wysiging van artikel 45 van Wet 36 van 2005
24. Artikel 45 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (3) te skrap.
Vervanging van artikel 55 van Wet 36 van 2005
25. Artikel 55 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang:

45

‘‘Beheer oor advertensies
55. (1) Alle uitsaaidienslisensiehouers moet die Advertensiepraktykkode
(in hierdie artikel die Kode genoem) nakom, soos van tyd tot tyd deur die
Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika bepaal en toegepas
word, en enige advertensieregulasies deur die Owerheid voorgeskryf ten 50
opsigte van die skedulering van advertensies, inligtingsadvertensies en
programborgskappe.

Select target paragraph3