23
netwerkdienste wat die lisensiehouers aan hulself of geaffilieerdes
verskaf nie.’’.
Wysiging van artikel 38 van Wet 36 van 2005
20. Artikel 38 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) (a) Die Owerheid moet regulasies voorskryf om die aangaan van
interkonneksie-ooreenkomste te fasiliteer deur beginsels vir interkonneksie-ooreenkomste te bepaal.
(b) Die regulasies kan enige regulasies in [artikel 39] artikels 39 en 41
bedoel, insluit.’’;
(b) deur paragraaf (j) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(j) die raamwerk vir die bepaling van tegniese en [finansiële]
ekonomiese doenlikheid en die bevordering van doeltreffende
gebruik van die elektroniese kommunikasienetwerke en verskaffing
van dienste in artikel 37(3) beoog;’’;
(c) deur paragraaf (k) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(k) die vereiste dat ’n lisensiehouer onderhandel oor en ’n
interkonneksie-ooreenkoms aangaan met ’n aansoeker om ’n
individuele lisensie of geregistreerde van ’n klaslisensie; en’’; en
(d) deur subartikels (5) en (6) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(5) Die interkonneksieregulasies kan ’n raamwerk insluit vir die
vrystelling (in geheel of gedeeltelik) van lisensiehouers wat minder as
25% markaandeel het van die verpligting om kragtens artikel 37(1) te
interkonnekteer.
(6) Waar ’n lisensiehouer ingevolge subartikel (5) vrygestel is van die
verpligting om te interkonnekteer en sodanige vrygestelde lisensiehouer
’n interkonneksie-ooreenkoms aangaan met ’n ander vrygestelde
lisensiehouer of ’n persoon wat dienste verskaf ingevolge ’n
lisensievrystelling, is artikels 37(6) en [39(3) en (4)] 39(2) nie op so ’n
interkonneksie-ooreenkoms van toepassing nie.’’.

5

10

15

20

25

30

Wysiging van artikel 42 van Wet 36 van 2005
21. Artikel 42 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (2) die woorde
wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
‘‘Die raamwerk in subartikel (1)(b) beoog, moet [van krag wees nie later nie as 35
1 Julie 2006 en moet] verseker dat—’’.
Wysiging van artikel 43 van Wet 36 van 2005
22. Artikel 43 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (a) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) tegnies en [finansieel] ekonomies doenlik is; en’’;
(b) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(7) Die verhuring van elektroniese kommunikasiefasiliteite deur ’n
elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer ingevolge subartikel (1) moet, tensy anders versoek deur die party wat verhuur,
niediskriminerend wees soos tussen vergelykbare tipes elektroniese
kommunikasiefasiliteite wat verhuur word en nie van ’n laer tegniese
standaard en gehalte as die tegniese standaard en gehalte wat sodanige
elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer aan homself of
aan ’n geaffilieerde verskaf nie of op enige ander wyse diskriminerend in
vergelyking met vergelykbare netwerkdienste deur sodanige lisensiehouers aan hulself of geaffilieerdes verskaf nie.’’;
(c) deur die volgende subartikel na subartikel (8) in te voeg:
‘‘(8A) (a) Versoeke om verhuring van noodsaaklike fasiliteite word
geag die doeltreffende gebruik van elektroniese kommunikasienetwerke
en -dienste te bevorder.

40

45

50

55

Select target paragraph3