21
verleng) om te toon dat hy die radiofrekwensiespektrum ooreenkomstig
hierdie Wet en die lisensievoorwaardes gebruik.
(10) Die Owerheid moet, op grond van die skriftelike reaksie van die
lisensiehouer, die lisensiehouer in kennis stel van sy besluit om die
lisensie of toegekende radiofrekwensiespektrum in te trek al dan nie.’’.

5

Wysiging van artikel 34 van Wet 36 van 2005
16. Artikel 34 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Minister, by die uitoefening van sy of haar werksaamhede,
verteenwoordig die Republiek op internasionale forums, insluitend die
ITU, ten opsigte van—
(a) die internasionale [toewysing] toedeling van radiofrekwensiespektrum; [en]
(b) die internasionale koördinering van radiofrekwensiespektrumgebruik; en
(c) die koördinasie en goedkeuring van enige radiofrekwensiespektrumplanne vir ’n streek van toepassing op die Republiek,
ooreenkomstig internasionale verdrae en multinasionale en bilaterale
ooreenkomste wat die Republiek aangegaan het.’’; en
(b) deur paragraaf (a) in subartikel (7) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) die ITU se internasionale [spektrumtoewysings] spektrumtoedelings vir die gebruik van die radiofrekwensiespektrum in
aanmerking neem in soverre [ITU-toewysings] ITU-toedelings
deur die Republiek aanvaar is en die Republiek daartoe ingestem
het, en behoorlik ag slaan op die verslae van kundiges op die gebied
van spektrum- of radiofrekwensiebeplanning en op internasionaal
aanvaarde metodes vir die opstel van sulke planne;’’.

10

15

20

25

Wysiging van artikel 35 van Wet 36 van 2005
17. Artikel 35 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die
volgende subartikel te vervang:
30
‘‘(1) Geen persoon mag enige tipe elektroniese kommunikasietoerusting of
elektroniese kommunikasiefasiliteit, insluitend radioapparaat, wat gebruik word of
gebruik staan te word in verband met die lewering van elektroniese kommunikasie,
besit, gebruik, verskaf, verkoop, aanbied vir verkoop of huur of verhuur nie tensy
sodanige toerusting, elektroniese kommunikasiefasiliteit of radioapparaat 35
behoudens subartikel (2) deur die Owerheid goedgekeur is.’’.
Wysiging van artikel 36 van Wet 36 van 2005
18. Artikel 36 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die
volgende subartikel te vervang:
‘‘(1) Die Owerheid kan, behoudens die bepalings van die [Wet op Standaarde, 40
1993 (Wet No. 29 van 1993)] ‘Standards Act, 2008’ (Wet No. 8 van 2008),
standaarde voorskryf vir die verrigting en bedryf van enige toerusting of
elektroniese kommunikasiefasiliteit, insluitend radioapparaat.’’.
Wysiging van artikel 37 van Wet 36 van 2005
19. Artikel 37 van die Hoofwet word hierby gewysig—
45
(a) deur paragraaf (a) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) tegnies en [finansieel] ekonomies doenlik is; en’’; en
(b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(6) Die interkonneksie-ooreenkoms aangegaan deur ’n lisensiehouer
ingevolge subartikel (1) moet, tensy anders versoek deur die party wat 50
interkonneksie verlang, niediskriminerend wees soos tussen
vergelykbare tipes interkonneksie en nie van ’n laer tegniese standaard
en gehalte as die tegniese standaard en gehalte wat sodanige
lisensiehouer aan homself of aan ’n geaffilieerde verskaf nie of op enige
ander wyse diskriminerend in vergelyking met die vergelykbare 55

Select target paragraph3