19
(3) Die beleid en beleidsvoorskrifte in subartikel (1) beoog moet binne
twaalf (12) maande na die inwerkingtreding van die Wysigingswet op
Elektroniese Kommunikasie, 2014, gemaak word.’’.
Wysiging van artikel 30 van Wet 36 van 2005
14. Artikel 30 van die Hoofwet word hierby gewysig—
5
(a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘By die beheer, beplanning, administrasie, bestuur [en], lisensiëring en
toekenning van die gebruik van die radiofrekwensiespektrum moet die
Owerheid—’’; en
10
(b) deur paragraaf (a) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) voldoen aan die toepaslike standaarde en vereistes van die ITU en
sy Radioregulasies, waartoe die Republiek ingestem het of wat hy
aangeneem het, asook aan die nasionale radiofrekwensieplan in
artikel 34 beoog;’’.
15
Wysiging van artikel 31 van Wet 36 van 2005
15. Artikel 31 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(2) (a) ’n Radiofrekwensiespektrumlisensie word vereis benewens ’n
dienslisensie in Hoofstuk 3 beoog, waar die verskaffing van sodanige
diens die gebruik van die radiofrekwensiespektrum behels.
(b) ’n Dienslisensie word bykomend tot enige radiofrekwensiespektrumlisensie vereis waar die verskaffing van die diens die gebruik
van radiofrekwensiespektrum behels.’’;
(b) deur die volgende subartikel na subartikel (2) in te voeg:
‘‘(2A) ’n Radiofrekwensiespektrumlisensie mag nie afgestaan,
gesedeer of op enige wyse oorgedra word nie, en die beheer van ’n
radiofrekwensie mag nie aan enige ander persoon gesedeer of op enige
wyse oorgedra word sonder vooraf skriftelike toestemming van die
Owerheid nie.’’;
(c) deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(3) Die Owerheid kan, met inagneming van die oogmerke van
hierdie Wet, prosedures en kriteria voorskryf vir—
(a) [die toekenning van] radiofrekwensiespektrumlisensies [vir
mededingende aansoeke of] in gevalle waar daar ontoereikende
spektrum beskikbaar is om die vraag te bevredig;
(b) die wysiging, oordrag, oordrag van beheer, hernuwing, opskorting,
kansellasie, en intrekking van radiofrekwensiespektrumlisensies;
en
(c) toestemming om ’n radiofrekwensiespektrumlisensie af te staan, te
sedeer, te deel of op enige wyse oor te dra, of beheer van ’n
radiofrekwensiespektrumlisensie af te staan, te sedeer of oor te dra
soos in subartikel (2A) beoog.’’;
(d) deur die volgende subartikel na subartikel (4) in te voeg:
‘‘(4A) Die Owerheid moet die lisensiehouer binne 60 dae verwittig
van sy besluit ten opsigte van ’n aansoek om wysiging van ’n
spektrumlisensie.’’; en
(e) deur subartikels (8), (9) en (10) onderskeidelik deur die volgende subartikels
te vervang:
‘‘(8) Behoudens subartikel (9) kan die Owerheid ’n radiofrekwensiespektrumlisensie of toegekende radiofrekwensiespektrum intrek
wanneer die lisensiehouer versuim om die toegekende radiofrekwensiespektrum ooreenkomstig die lisensievoorwaardes wat op
sodanige lisensie van toepassing is, te gebruik.
(9) Alvorens die Owerheid ’n radiofrekwensiespektrumlisensie of
toegekende radiofrekwensiespektrum ingevolge subartikel (8) intrek,
moet hy aan die lisensiehouer vooraf minstens 30 dae skriftelik kennis
gee en die lisensiehouer moet 7 (sewe) werkdae hê waarin hy skriftelik
op die kennisgewing kan antwoord (tensy andersins deur die Owerheid

20

25

30

35

40

45

50

55

Select target paragraph3