9
(s) deur in die Engelse teks, in die omskrywing van ‘‘reseller’’ paragraaf (a) deur
die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) acquires through lease or other commercial arrangement, [by] any
electronic communications network service or electronic communications service; and’’;
(t) deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘televisieuitsaaidiens’’ in te voeg:
‘‘ ‘toedeling’, in verband met ’n frekwensieband, die aantekening in die
tabel van frekwensietoedelings van ’n gegewe frekwensieband vir die
gebruik daarvan deur een of meer terrestriële of ruimte radiokommunikasiedienste of die radio-astronomiediens onder vermelde
voorwaardes;
‘toekenning’ in verband met ’n radiofrekwensie of radiofrekwensiekanaal, ’n magtiging deur die Owerheid gegee vir ’n radiostasie om ’n
radiofrekwensiekanaal kragtens vermelde voorwaardes te gebruik, en
‘toeken’ moet ooreenkomstig uitgelê word;’’;
(u) deur die omskrywing van ‘‘uitsaaidiensradiofrekwensiebande’’ deur die
volgende omskrywing te vervang:
‘‘ ‘uitsaaidiensradiofrekwensiebande’ daardie deel van die
elektromagnetiese radiofrekwensiespektrum wat, met inagneming van
die [ITU-toewysingstabel] ITU-toedelingstabel, deur die Owerheid
toegewys is vir die gebruik van uitsaaidienste in soverre die Republiek
tot sodanige toewysing ingestem het of dit aangeneem het;’’; en
(v) deur die omskrywing van ‘‘universele diens’’ deur die volgende omskrywing
te vervang:
‘‘ ‘universele diens’ die universele verskaffing van elektroniese
kommunikasienetwerkdienste, elektroniese kommunikasiedienste en
uitsaaidienste soos van tyd tot tyd ingevolge Hoofstuk 14 bepaal;’’.
5
10
15
20
25
Wysiging van artikel 2 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 2 van Wet
37 van 2007
30
2. Artikel 2 van die Hoofwet word hierby gewysig deur paragraaf (h) deur die
volgende paragraaf te vervang:
‘‘(h) breëbasis- swart ekonomiese [die] bemagtiging [van histories benadeelde
persone, insluitend swart mense,] te bevorder, met besondere aandag aan
die behoeftes van vroue, geleenthede vir die jeug en uitdagings vir [mense] 35
persone met gestremdhede;’’.
Wysiging van artikel 3 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 3 van Wet
37 van 2007
3. Artikel 3 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (e) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(e) riglyne vir die bepaling deur die Owerheid van lisensiegelde en
spektrumgelde verbonde aan die toestaan van die lisensies in Hoofstuk 3
en Hoofstuk 5 beoog, insluitend aansporings wat van toepassing kan
wees op individuele lisensies waar die aansoeker bindende verbintenisse
aangaan om elektroniese kommunikasienetwerke op te rig en
elektroniese kommunikasiedienste in landelike en onderbediende
gebiede van die Republiek te verskaf;’’;
(b) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(2) Die Minister kan behoudens subartikel (3) en (5)
beleidsvoorskrifte aan die Owerheid, of behoudens subartikel (5) aan die
Agentskap, uitreik in ooreenstemming met die oogmerke van hierdie
Wet, van nasionale beleid en van die verwante wetgewing met
betrekking tot—
(a) die onderneem van ’n ondersoek ingevolge artikel 4B van die
OKOSA-wet oor enige aangeleentheid binne die Owerheid se
jurisdiksie en die voorlegging van verslae aan die Minister ten
opsigte van sodanige aangeleentheid;
40
45
50
55