7
(j)
(k)
(l)
(m)
(n)
(o)
(p)
(q)
(r)
deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘hierdie Wet’’ in te
voeg:
‘‘ ‘HUB’ die hoof- uitvoerende beampte van die Agentskap ingevolge
artikel 82A aangestel;’’;
deur die omskrywing van ‘‘IKT-handves’’ deur die volgende omskrywing te
vervang:
‘‘ ‘IKT-handves’ die Handves vir [Swart Ekonomiese Bemagtiging
vir] die IKT-sektor, ’n sektorkode oor breëbasis- swart ekonomiese
bemagtiging, uitgereik ingevolge die ‘Broad-Based Black Economic
Empowerment Act, 2003’ (Wet No. 53 van 2003);’’;
deur die omskrywing van ‘‘ITU’’ in die Engelse teks deur die volgende
omskrywing te vervang:
‘‘ ‘ITU’ International [Telecommunications] Telecommunication
Union;’’;
deur die omskrywing van ‘‘lisensiehouer’’ deur die volgende omskrywing te
vervang:
‘‘ ‘lisensiehouer’ ’n persoon aan wie ’n lisensie uitgereik is om dienste
te verskaf ingevolge Hoofstuk 3 of om die rediofrekwensiespektrum
ingevolge Hoofstuk 5 van hierdie Wet te gebruik;’’;
deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘politieke
advertensie’’ in te voeg:
‘‘ ‘politieke party’, by die toepassing van Hoofstuk 9—
(a) enige geregistreerde party omskryf in artikel 1 van die Kieswet,
1998 (Wet No. 73 van 1998); of
(b) enige alliansie van sodanig geregistreerde partye, na gelang van die
geval,
wat, vir die doel van enige bepaalde verskiesing, voor die aanvang van
die tersaaklike verkiesingstydperk, sy lys kandidate vir die Nasionale
Vergadering of enige ander wetgewer, in die Grondwet beoog, voorgelê
het;’’;
deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensieplan’’ deur die volgende
omskrywing te vervang:
‘‘ ‘radiofrekwensieplan’ [’n nasionale plan] die nasionale radiofrekwensieplan in artikel 34 beoog wat insluit maar nie beperk is nie
tot—
(a) ’n tabel van [frekwensietoewysings] frekwensietoedelings vir alle
bande onder 3 000 GHz, met inagneming van die ITU-tabel van
[toewysings] toedelings, in soverre die Republiek tot sodanige
[toewysings] toedelings ingestem of dit aanvaar het, wat
aanwysings van sekere aanwendings kan insluit; en
(b) ’n plan, soos toepaslik, vir die verskuiwing van stelsels en
toerusting van bestaande gebruikers binne bepaalde radiofrekwensiebande, insluitend radiofrekwensiebande vir sekuriteitsdienste, na verskillende frekwensiebande;’’;
deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensiespektrum’’ deur die volgende
omskrywing te vervang:
‘‘ ‘radiofrekwensiespektrum’ die gedeelte van die elektromagnetiese
spektrum wat gebruik word as ’n oorsendingsmedium vir elektroniese
kommunikasie en uitsaai;’’;
deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensiespektrumlisensie’’ deur die
volgende omskrywing te vervang:
‘‘ ‘radiofrekwensiespektrumlisensie’ ’n lisensie wat die houer magtig
om die radiofrekwensiespektrum ingevolge Hoofstuk 5 van hierdie Wet
te gebruik;’’;
deur die omskrywing van ‘‘radiostasie’’ deur die volgende omskrywing te
vervang:
‘‘ ‘radiostasie’ een of meer senders of ontvangers of ’n kombinasie van
senders en ontvangers, insluitend die bykomstige toerusting, wat op een
plek nodig is om ’n elektroniese kommunikasiediens, uitsaaidiens of
enige elektroniese kommunikasie wat deur die Owerheid gemagtig is, te
dra;’’;
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60