13
(e) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(6) [By die oorweging van die implementering van die bestuurde
liberaliseringsbeleide kan die] Die Owerheid kan net aansoeke om
individuele elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensies aanvaar en
oorweeg ingevolge ’n beleidsvoorskrif deur die Minister ingevolge 5
artikel 3 uitgereik.’’;
(f) deur paragraaf (b) in subartikel (8) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(b) ’n regspersoon, kragtens die wette van die Republiek geregistreer is
[of sal wees] en sy vernaamste plek van besigheid binne die
Republiek geleë is [of sal wees].’’;
10
(g) deur die volgende subartikel na subartikel (8) in te voeg:
‘‘(8A) Subartikel (8) is met die veranderinge deur die samehang vereis
van toepassing op enige elektroniese kommunikasiediens of
-netwerkdiens wat voorsien kan word, elektroniese kommunikasienetwerk wat bedryf kan word en enige radiofrekwensiespektrum wat 15
gebruik kan word, soos beoog in artikel 6.’’; en
(h) deur paragraaf (b) in subartikel (9) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(b) [die bemagtiging van histories benadeelde persone] breëbasisswart ekonomiese bemagtiging, insluitend die bemagtiging van
vroue en die jeug en [mense] persone met gestremdhede, bevorder 20
ooreenkomstig die vereistes van die IKT-handves.’’.
Wysiging van artikel 8 van Wet 36 van 2005
6. Artikel 8 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘Sodanige standaardbedinge en -voorwaardes kan [in aanmerking
neem] insluit, maar is nie beperk nie tot—’’;
(b) deur in subartikel (2) die woord ‘‘en’’ aan die einde van paragraaf (m) te skrap,
die uitdrukking ‘‘; en’’ aan die einde van paragraaf (n) by te voeg en die
volgende paragraaf by te voeg:
‘‘(o) toegang tot uitsaai-, pos- en elektroniese kommunikasiedienste
vir persone met gestremdhede wat insluit, maar nie beperk is nie tot,
dienste wat ontwerp is om toeganklikheid vir persone met
gestremdhede te verbeter, soos videoteks, onderskrifte,
oudiobeskrywing en gebaretaal.’’;
(c) deur subartikels (3) en (4) onderskeidelik deur die volgende subartikels te
vervang:
‘‘(3) Die Owerheid kan bykomende bedinge en voorwaardes
voorskryf wat op enige individuele lisensie of klaslisensie toegepas kan
word [met inagneming van] behoudens die bepalings van Hoofstuk 10.
(4) Die Owerheid kan by regulasie voorsiening maak vir die
aanwysing van lisensiehouers op wie verpligtinge van universele diens
en universele toegang van toepassing is en kan bykomende bedinge en
voorwaardes voorskryf ten opsigte van die verpligtinge van toepaslike
universele diens en universele toegang op die aangewese
lisensiehouers.’’; en
(d) deur die volgende subartikel by te voeg:
‘‘(5) Die Owerheid moet, by die uitoefening van sy bevoegdhede en
die verrigting van sy werksaamhede, omdat sy bevoegdhede en
werksaamhede ingevolge hierdie Wet op universele diens en universele
toegang betrekking het, sodanige bevoegdhede en sodanige
werksaamhede na oorleg met die Agentskap uitoefen en verrig en moet
bepalings ingevolge artikel 82 deur die Minister gemaak, in ag neem.’’.

25

30

35

40

45

50

Wysiging van artikel 9 van Wet 36 van 2005
7. Artikel 9 van die Hoofwet word hierby gewysig—
55
(a) deur paragraaf (b) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(b) die persentasie van aandeeleienaarskap insluit wat gehou moet
word deur persone van histories benadeelde groepe, wat minstens
30% moet wees of die ander voorwaardes of hoër persentasie wat

Select target paragraph3