35
groothandeltarief wat die elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer hom vir die betrokke fasiliteite laat betaal, welke diskonto
aan die skole en ander instellings in subartikel (1) genoem, deurgegee moet
word.
(4) Die implementering van hierdie artikel moet op die voorgeskrewe 5
wyse geskied.
[(5) Die Minister kan, in oorleg met die Minister verantwoordelik vir
Onderwys, kategorieë van onafhanklike skole of private instellings vir
verdere onderwys en opleiding verklaar wat geregtig is op die diskonto
in subartikel (1) bedoel.]
10
(6) Die Agentskap kan die tarief in subartikel (1) beoog namens enige
skool of ander instelling in subartikel (1) beoog, betaal, in welke geval die
Agentskap geregtig is op die diskonto in subartikel (1) genoem.’’.
Invoeging van artikels 79A en 79B in Wet 36 van 2005
34. Die volgende artikels word hierby na artikel 79 in die Hoofwet ingevoeg:
15
‘‘Beperking van aanspreeklikheid
79A. Geen persoon in diens van ’n 112-Noodsentrum, met inbegrip van
die Staat, is aanspreeklik vir enige skade of verlies deur enige persoon gelei
as gevolg van enige handeling wat in goeie trou verrig is of uitgelaat is in
die verrigting van enige werksaamheid ingevolge hierdie Wet nie.
20
Verstrekking van inligting
79B. (1) Behoudens die Wet op Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2
van 2000), kan die Minister skriftelik vereis dat die Owerheid of die
Agentskap, of enige ander persoon, binne ’n redelike tyd of op ’n gereelde
grondslag, enige data, inligting of dokumente aan die Minister voorlê wat 25
vir die doeleindes van die verrigting van die Minister se werksaamhede
benodig word.
(2) ’n Kennisgewing kragtens subartikel (1) kan ook die wyse waarop die
inligting verstrek moet word aandui en, indien nodig, hoe die inligting
geverifieer moet word.
30
(3) Wanneer die Minister inligting aanvra kan die tersaaklike party
versoek dat die Minister sekere inligting as vertroulik hanteer, en vir
daardie doeleinde is artikel 4D van die OKOSA-wet, met die veranderinge
deur die samehang vereis, van toepassing.’’.
Wysiging van artikel 80 van Wet 36 van 2005
35
35. Artikel 80 van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikel by
te voeg:
‘‘(4) Die Agentskap is onderhewig aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur,
1999 (Wet No. 1 van 1999).’’.
Invoeging van artikel 81A in Wet 36 van 2005
40
36. Die volgende artikel word hierby na artikel 81 in die Hoofwet ingevoeg:
‘‘Vertrouenspligte van raadslede, en ontheffing en ontbinding
81A. Bykomend tot enige ander toepaslike wetsbepaling wat betrekking
het op die vertrouenspligte van lede van ’n raad, is die volgende op lede van
die Raad van toepassing:
45
(a) ’n Lid van die Raad mag nie teenwoordig wees by, of deelneem aan,
die bespreking van of neem van ’n besluit oor enige aangeleentheid
voor die Raad waarin daardie lid of sy of haar familielid, sakevennoot
of medewerker ’n direkte of indirekte belang het nie.