33
(2) Die bedinge en voorwaardes van aanstelling van lede wat uit die
openbare en privaatsektor mag kom, met inbegrip van toelaes, samestelling
en vergaderings van toepassing op die Raad uit hoofde van die Raad se
aanstelling ingevolge subartikel (1), moet wees soos die Minister bepaal
het.
(3) Die Raad moet aan die Minister verslag doen en moet die Minister
van raad bedien oor breëbandbeleid en inwerkingstelling en moet, waar die
Minister dit vereis, die volgende werksaamhede verrig:
(a) Algehele breëband-inwerkingstelling deur die staat op nasionale,
provinsiale en plaaslike regeringsvlakke koördineer;
(b) die monitering en meting van breëbandpenetrasie in Suid-Afrika
bewerkstellig;
(c) ’n breëband-inwerkingstellingsplan ontwikkel wat die Breëbandbeleid vir Suid-Afrika ondersteun, welke plan, sonder beperking,
vaardigheidsontwikkeling, navorsing en ontwikkeling van breëbandprioriteitsgebiede moet insluit;
(d) die Minister en die Minister van Finansies van raad bedien oor
regeringsbelegging in elektroniese kommunikasiefasiliteite en
-netwerke wat bydra tot breëband op nasionale, provinsiale en
plaaslike regeringsvlakke om onnodige duplisering te vermy;
(e) maatreëls aanbeveel om opname en gebruik van breëband te vergroot
asook om openbare bewustheid oor die voordele van breëband te
verbeter; en
(f) jaarliks ’n opname te doen oor die status van penetrasie van breëband
in die Republiek en dit te evalueer, met inbegrip van, sonder
beperking, huishoudelike breëbandpenetrasie en elektroniese
kommunikasienetwerk-konnektiwiteit aan munisipaliteite en
breëbandverskaffers.’’.

5

10

15

20

25

Vervanging van artikel 73 van Wet 36 van 2005
33. Artikel 73 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang:

30

‘‘E-tarief
73. (1) Internetdienste, wat gelewer word aan alle openbare
gesondheidsinstellings in die ‘National Health Act, 2003’ (Wet No. 61 van
2003), omskryf alle openbare en onafhanklike skole soos omskryf in die
Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996), alle openbare en
private kolleges en alle openbare en private instellings vir verdere
onderwys en opleiding [soos omskryf in] verklaar of geregistreer
ingevolge die [Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998 (Wet No.
98 van 1998)] ‘Further Education and Training Colleges Act, 2006’ (Wet
No. 16 van 2006), en alle openbare en private instellings vir hoër onderwys
omskryf in die Wet op Hoër Onderwys, 1997 (Wet No. 101 van 1997), moet
gelewer word teen ’n minimum verdiskonteerde tarief van 50% van die
totale koste wat gehef word deur die [lisensiehouer] elektroniese
kommunikasiedienslisensiehouer wat internetdienste aan sulke instellings
lewer.
(2) Die diskonto is van toepassing op die totale koste wat gehef word
deur die [lisensiehouer] elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer,
wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie:
(a) Enige konnektiwiteitsgelde vir toegang tot die Internet;
(b) heffings vir enige [toerusting] elektroniese kommunikasiefasiliteite
wat gebruik word vir of saam met konnektiwiteit tot die Internet; en
(c) alle [oproepe wat na ’n internetdiensverskaffer gemaak word]
oproepkostes vir toegang tot die Internet.
(3) Waar die [lisensiehouer] elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer, wat internetdienste verskaf aan die instellings en skole in
subartikel (1) beoog, sy elektroniese kommunikasiefasiliteite vir die
lewering
van
internetdienste
van
’n
elektroniese
kommunikasienetwerkdienslisensiehouer verkry, is die lisensiehouer
geregtig op ’n minimum van 50% afslag van die [kleinhandelstarief]

35

40

45

50

55

Select target paragraph3