7
(d) deur paragraaf (h) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(h) kan navorsing doen oor alle aangeleenthede wat die uitsaai-,
elektroniese transaksie-, pos- en elektroniese kommunikasiesektore
raak ten einde sy bevoegdhede uit te oefen en sy pligte uit te voer;’’;
(e) deur paragrawe (k) en (l) in subartikel (3) onderskeidelik deur die volgende
paragrawe te vervang:
‘‘(k) kan regulasies maak oor bemagtigingsvereistes [ingevolge die
‘Broad-Based Black Economic Empowerment Act, 2003’
(Wet No. 53 van 2003)] om breëbasis- swart ekonomiese
bemagtiging te bevorder;
(l) kan [senders of ander] elektroniese kommunikasie-apparaat wat
vir elektroniese kommunikasie gebruik word, inspekteer;’’;
(f) deur paragraaf (n) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(n) moet klagtes ondersoek en beoordeel wat by die Owerheid ingedien
is ingevolge hierdie Wet, die onderliggende wette, en lisensievoorwaardes;’’;
(g) deur die volgende paragrawe by subartikel (3) te voeg:
‘‘(o) kan aanbevelings by die Minister doen oor aangeleenthede wat in
die Wet op Elektroniese Transaksies hanteer word of hanteer gaan
word;
(p) behalwe waar artikel 74(1) van die Wet op Elektroniese
Kommunikasie geld, moet ’n straf of remedie bepaal wat gepas kan
wees vir enige misdryf waar enige regulasie of lisensievoorwaarde,
na gelang van die geval, oortree is, soos in hierdie Wet of die
onderliggende wette beoog, met inagneming van artikel 17H; en
(q) moet die bevoegdhede en die pligte van die Owerheid ingevolge die
Posdienstewet uitoefen en verrig.’’;
(h) deur die volgende subartikel na subartikel (3) in te voeg:
‘‘(3A) Die Owerheid, in die uitvoering van sy bevoegdhede en die
verrigting van sy pligte—
(a) moet IKT-sektorbeleid gemaak en beleidsvoorskrifte uitgereik deur
die Minister ingevolge hierdie Wet, die onderliggende wette en
enige ander toepaslike wet in ag neem; en
(b) kan ’n konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms met enige
tersaaklike owerheid of instelling aangaan en moet, ten minste een
keer elke drie jaar, waar nodig, die ooreenkoms hersien en verbeter
by ooreenkoms met die betrokke owerheid of instelling.’’;
(i) deur paragrawe (f) en (g) in subartikel (4) onderskeidelik deur die volgende
paragrawe te vervang:
‘‘(f) Die bevoegdheid om ’n individuele lisensie toe te staan, te hernu, te
wysig, te herroep of oor te dra, kan [slegs] nie gedelegeer word aan
’n raadslid of aan ’n komitee van die Raad nie.
(g) Ondanks die bepalings van hierdie artikel moet ’n raadslid of
komitee aan wie [die] enige bevoegdheid of plig van die Owerheid
gedelegeer is [om ’n lisensie] ingevolge hierdie Wet [toe te staan,
te wysig, te herroep, oor te dra of te hernu sy besluit], behoudens
paragraaf (f) of die onderliggende wette, ’n verslag aan die Raad
[rapporteer] voorlê.’’; en
(j) deur die volgende paragraaf by subartikel (4) te voeg:
‘‘(h) Ondanks die bepalings van hierdie subartikel, moet die Raad
algemene beheer uitoefen oor die uitoefening van die bevoegdhede
en die verrigting van die pligte van die Owerheid ingevolge hierdie
Wet en die onderliggende wette.’’.

5

10

15

20

25

30

35

40

45

50

Wysiging van artikel 4B van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 6 van
Wet 3 van 2006
55
4. Artikel 4B van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (a) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) [binne 60 dae] op of voor ’n datum in die kennisgewing vermeld,
welke datum nie minder as 45 dae vanaf die datum van publikasie
van die kennisgewing mag wees nie, skriftelike vertoë te rig; en’’; 60
en

Select target paragraph3