5
vereis, ’n persoon aan wie ’n lisensievrystelling ingevolge artikel 6 van
daardie Wet toegestaan is;
‘lisensievrystelling’ dit wat in artikel 1 van die Wet op Elektroniese
Kommunikasie daaraan toegeskryf word;
‘Mededingingskommissie’ die Mededingingskommissie ingestel 5
ingevolge van artikel 19 van die Wet op Mededinging;’’;
(d) deur die omskrywing van ‘‘Telekommunikasiewet’’ te skrap.
(e) deur die omskrywing van ‘‘voormalige owerhede’’ te skrap;
(f) deur die omskrywing van ‘‘Wet op Elektroniese Kommunikasie’’ deur die
volgende omskrywing te vervang:
10
‘‘ ‘Wet op Elektroniese Kommunikasie’ [’n Wet van die Parlement
wat voorsiening maak vir konvergensie in die uitsaai-, uitsaaiseinverspreidings- en telekommunikasiesektore] die Wet op Elektroniese
Kommunikasie, 2005 (Wet No. 36 van 2005);’’; en
(g) deur die volgende omskrywings na die omskrywing van ‘‘Wet op Elektroniese 15
Kommunikasie’’ in te voeg:
‘‘ ‘Wet op Elektroniese Transaksies’ die Wet op Elektroniese
Kommunikasies en Transaksies, 2002 (Wet No. 25 van 2002);
‘Wet op Mededinging’ die Wet op Mededinging, 1998 (Wet No. 89 van
1998);’’.
20
Wysiging van artikel 3 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 4 van
Wet 3 van 2006
2. Artikel 3 van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikel by te
voeg:
‘‘(5) ’n Persoon deur enige handeling, bevinding of beslissing van die Owerheid 25
geraak, kan by ’n hof met regsbevoegdheid aansoek doen om ’n hersiening van
daardie handeling, bevinding of beslissing.’’.
Wysiging van artikel 4 van Wet 13 van 2000, soos vervang deur artikel 5 van
Wet 3 van 2006
3. Artikel 4 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (a) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) moet die bevoegdhede uitoefen en die pligte uitvoer wat by of
kragtens hierdie Wet, die onderliggende wette en [by] enige ander
toepaslike wet aan hom verleen en opgelê is;’’;
(b) deur in subartikel (3) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die
volgende woorde te vervang:
‘‘Die Owerheid, sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van
[subartikel] subartikels (1) en (2)—’’;
(c) deur paragrawe (a), (b), (c), (d) en (e) in subartikel (3) onderskeidelik deur die
volgende paragrawe te vervang:
‘‘(a) kan aan die Minister aanbevelings doen oor beleidsaangeleenthede
en wysigings aan hierdie Wet en die onderliggende wette wat
ooreenstem met die oogmerke van hierdie Wet en die onderliggende
wette om ontwikkeling in die uitsaai-, elektroniese transaksie-, posen elektroniese kommunikasiesektore te bevorder;
(b) moet die uitsaai-, pos- en elektroniese [kommunikasiesektor]
kommunikasiesektore moniteer om nakoming van hierdie Wet en
die onderliggende wette te verseker;
(c) moet die gebruik en lisensiëring van radiofrekwensiespektrum
[bestuur] beheer, beplan, administreer en bestuur ooreenkomstig
bilaterale ooreenkomste of internasionale verdrae wat deur die
Republiek gesluit is;
(d) moet nakoming van lisensievoorwaardes en regulasies ontwikkel,
monitor en afdwing in ooreenstemming met die oogmerke van
hierdie Wet en die onderliggende wetgewing vir verskillende
kategorieë lisensies;
(e) [moet] kan lisensies toestaan, hernu, wysig, oordra en intrek
ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet en die onderliggende
wette;’’;
30
35
40
45
50
55