17
Herroeping van artikel 14D van Wet 13 van 2000
17. Artikel 14D van die Hoofwet word hierby herroep.
Wysiging van artikel 15 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 16 van
Wet 3 van 2006
18. Artikel 15 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (4) deur die 5
volgende subartikel te vervang:
‘‘(4) Tjeks getrek deur die owerheid word geag behoorlik namens hom uitgereik
en onderteken te wees indien dit onder die gesamentlike handtekeninge van die
[reken-pligtige] rekenpligtige beampte en ’n ander lid van die personeel, of ’n
raadslid van die Owerheid wat deur die Raad aangewys is, uitgereik is.’’.
10
Invoeging van artikel 15A in Wet 13 van 2000
19. Die volgende artikel word hierby na artikel 15 in die Hoofwet ingevoeg:
‘‘Jaarplan
15A. Die hoof- uitvoerende beampte moet, ten minste drie maande voor
die einde van elke jaar, ’n jaarplan voorberei wat die voorgestelde 15
aktiwiteite van die Owerheid met aanduidende tydsbestekke vir die
komende jaar beskryf en dit aan die Raad voorlê.’’.
Wysiging van artikel 16 van Wet 13 van 2000
20. Artikel 16 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur paragraaf (a) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
‘‘(a) benewens die vereistes ingevolge paragraaf (b), die Minister van die
inligting en besonderhede voorsien wat hy of sy skriftelik vereis
met betrekking tot die aktiwiteite van die Owerheid; en’’;
(b) deur subparagraaf (i) in artikel (1)(b) deur die volgende subparagraaf te
vervang:
‘‘(i) die jaarverslag van die Owerheid wat in redelike besonderhede die
lewerbares of nielewerbares ingevolge die jaarplan in artikel 15A
bedoel, weergee;’’; en
(c) deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang:
‘‘(3) [Die Minister] Behoudens subartikel (1)(b), moet [’n afskrif
van] die hoof- uitvoerende beampte die jaarverslag en die geouditeerde
finansiële state van die Owerheid tesame met die Ouditeur-generaal se
verslag oor daardie state, binne 30 dae [nadat dit deur hom of haar
ontvang is] in die Parlement ter tafel lê indien die Parlement dan in
sitting is en, indien die Parlement nie in sitting is nie, binne 14 dae na die
daaropvolgende sitting van die Parlement.’’.

20

25

30

35

Wysiging van artikel 17 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 18 van
Wet 3 van 2006
21. Artikel 17 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang:
40
‘‘(4) Die Raad moet die voorsitter van elke komitee aanstel [uit die
geledere van die raadslede wat ingevolge subartikel (2)(a) aangewys
is].’’; en
(b) deur die volgende subartikel by te voeg:
‘‘(10) ’n Komitee moet ’n verslag oor sy aktiwiteite aan die Raad 45
voorlê indien en wanneer dit nodig is of by voltooiing van sy taak.’’.
Wysiging van artikel 17A van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van
Wet 3 van 2006
22. Artikel 17A van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:

50

Select target paragraph3